Month: September 2018

Om Standvastig Te Wees

Dit was ’n koue, ysige wintersoggend. Ek kon net aan een ding dink: hoe om so gou moontlik die koue tussen my warm motor en die warm gebou te kruis. Toe ek my kom kry lê ek plat op die grond. Alhoewel daar niks gebreek was nie was ek in pyn. Die pyn sou met tyd vererger en dit sou…

Die Geur Van Christus

Bob was moeg, warm en stowwerig na ’n lang busreis. Hy was dankbaar dat hy na ’n maaltyd saam met vriende van vriende wat in die area gewoon het, kon uitsien. Hulle het hom in hulle huis verwelkom en hy kon onmiddellik ’n gevoel van vrede ervaar. Hy het tuis, gemaklik, veilig en gewaardeerd gevoel.

Bob het gewonder hoekom hy…

Wees Opreg Met God

Ek buig my hoof, sluit my oë, vleg my vingers en begin bid. My oë vlieg oop. Ek onthou skielik dat my seun se geskiedenisprojek wat die volgende dag ingehandig moes word, nog nie voltooi is nie. Dan onthou ek van sy basketbalwedstryd na skool en ek stel my voor dat hy seker tot middernag met sy skoolwerk sal besig…

Onveranderlike Liefde

Ek het reeds op hoërskool vir die universiteit tennis gespeel en baie ure van my jong lewe op die vier sementbane, wat nie ver van ons huis geleë was nie, deurgebring. Ek het net een doel voor oë gehad en dit was om my spel te verbeter.

Tydens my laaste besoek aan die stad waar ek opgegroei het, kon ek…

Kragtig Volhou

Liggaambouers volg baie streng oefenprogramme tydens kompetisies. Hulle begin deur gewig aan te sit en op kragtoename te fokus. Dan weer op die verlies van vet en die inname van en minder voedsame kossoorte sodat die spiere meer sigbaar is. Hulle is dan, ten spyte van hulle sterk voorkoms, op hulle swakste op die dag van die kompetisie.

In 2…

Om Brûe Te Bou

In ons woonbuurt omring hoë mure ons huise. Baie van die mure is selfs met geëlektrifiseerde doringdraad verhoog. Die doel? Om rowers buite te hou.

Gereelde kragonderbrekings in ons gemeenskap het tot gevolg dat hek-klokkies dan ook buite werking is. As gevolg van die mure en kragonderbrekings kan dit gebeur dat ’n besoeker in die bloedige son of gietende reën…

Anderkant Die Sterre

NASA het in 2011 dertig jaar se ruimtenavorsing gevier. In hierdie drie dekades het ruimte pendeltuie (shuttles) meer as 355 mense die ruimte in vervoer en gehelp met die bou van ’n internasionale ruimtestasie. NASA het nou, na die onttrekking van vyf van die pendeltuie, sy fokus na diep-ruimteverkenning verskuif.

Massiewe bedrae geld en baie tyd is in die studie…

Die Pad Huis Toe

Ons lewensreis kan soms moeilik en oorweldigend wees. Die donkerte kan selfs nimmereindigend voorkom. Tydens so ’n tydperk in ons gesin se lewe het my vrou een oggend na haar stiltetyd gesê: “Ek dink God wil nie hê ons moet dit wat ons in die donker geleer het, in die lig vergeet nie.

Paulus het tot dieselfde gevolgtrekking gekom nadat…

Krag Vir Jou Reis

Hinds Feet on High Places is ’n voorstelling van die Christelike lewe en is gebasseer op Habakuk 3:19. Die verhaal handel oor die karakter van Much-Afraid wat saam met die Shepherd op reis gaan. Maar Much-Afraid is bang en sy vra dat die Shepherd haar moet dra.

Die Shepherd se antwoord was: “Ek kan jou tot by die Hoë Plekke…

Konstabel Miglio Se Hart

By die polisiestasie het konstabel Miglio moeg teen die muur geleun. Die pas afgelope ondersoek na huislike geweld het omtrent die helfte van sy skof in beslag geneem en sal hom nog lank bybly. Die nadraai was ’n seunsvriend in aanhouding, ’n jong dogter in ongevalle en ’n geskokte en verwarde moeder.

“Niks wat jy daaraan kan doen nie Vic,”…